.
.
.
.
.
.
MARKGOED: Karoo Chateau
Save the date
17 – 20 Oktober 2012
Hoogenhoutstraat 4 Somerset-Wes
Markgoed: Karoo Chateau is om die draai (in die mooie Oktobermaand) en ek is opgewonde om julle meer te vertel oor wat julle kan verwag!!!
Markgoed dink ‘n bietjie groen hierdie keer (om ons wonderlike aarde te beskerm sodat ons kinders se kinders en hulle kinders ons spesiale land net so kan geniet soos wat ons dit geniet!) Botanies, aalwyne, vetplantjies, kersbome en kersversierings uit herwinne papier is ‘n paar van ons “groengoed”
.
.
.
.
.
.
Ons gaan met hierdie mark die plattelandse invloed, die hartklop van die Karoo (handgemaak, botanies, organies, aards, gekreukelde suiwer linne, verouderde silwer en emaljeskottels, suiwer wol) kombineer met die Franse (monogramme, lopers, ou lakens, silhouette, kranse, krone, lappe en erdegoed) gevoel van ouds.
Voordat ek vir julle ‘n klein “sneak peak” gee van Markgoed: Karoo Chateau, deel ek ‘n paar foto’s van laasjaar se Markgoed met julle . . .
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
Markgoed: Karoo Chateau
Markgoed het weer soos gewoonlik baie antieke silwer, glas, ou geverfde en shabby chic meubels, lap engele, lap skapies, kussings, handgemaakte kaartjies, handgemaakte seep, pottery, vars plaasbrode, ingelegde vye en olywe, koekies en beskuit, handgemaakte silwer juwele, houtkrale, skoene, kinder- en vintageklere, Franse fondse, handgemaakte handsakke, skilderye en regtig nog baie meer . . .
Sneak Peak
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
Markgoed: Karoo Chateau maak sy deure oop op 17 Oktober om 10h00
en
ons sien uit dat julle weer kom kuier!
Foto’s:
Carina Lochner (All photographs are copyright)
Jean den Heijer
Sonette Barnardt
Pragtig Sonette! Dit was die moeite werd om solank vir die nuwe blog te wag! Mis dit wraggies weer met n paar dae!
Dit lyk so aanloklik, maar waar gaan die mark wees?
Soneete, soos altyd sal ek daar wees…kannie wag nie! Cxx
Die mark word gehou by Hoogenhoutstraat 4, Somerset -Wes. Stuur asb jou e-pos, dan stuur ek ‘n elektroniese uitnodiging aan met al die nodige detail. Groete
Een van my hoogtepunte, kan nie wag nie! Sterkte met al die laaste beplanning x
Please advise details of Karoo Chateau market. Thanks
Mamma (Sonette) en Jean
Baie geluk, dit was die mooiste en niceste mark tot hede. Was ‘n treat om deel daarvan te wees!
x