Kersfees kom

.

Somerkersfees

Liriek:  Koos du Plessis

 

welkom o stille nag van vrede

onder die suiderkruis

wyl stemme uit die ou verlede

oor sterrevelde ruis

 

Kersfees kom, Kersfees kom

gee aan God die eer

skenk ‘n helder somerkersfees

aan hierdie land o Heer

 

hoor jy hoe sag die klokke beier

in eeue oue taal

kyk, selfs die nagtelike swye

vertel die ou verhaal.

 

voel jy ook nou sy warm liefde

as ons die dag gedenk

toe Hy sy Seun aan ons gestuur het

ons grootste Kersgeskenk

 

 

 Kersfees kom

 

 

 As ek aan Kersfees dink toe ek ‘n klein dogtertjie was, spring  verskillende geure en kleure in my herinnering op.  Kersfees het beteken die grootste denneboom wat oupa kon afsny, (partykeer het dit geraak-raak aan die plafon) wit voeltjies, blink Kersballe, watte wat veronderstel was om sneeu te wees, regte wit kersies in blakers wat aan die dennetakke vasgeknyp was.  Kerswas wat van die takke afgedrup het en oohh, die hoogtepunt natuurlik die Kersgeskenke in bont papier toegedraai – in stapels onder die boom.  Ons drie susters en kleinboetie het dae voor Kersfees die geskenkies gevoel, gedruk, opgetel en raai-raai gespeel totdat een geskenkie “per ongeluk” ‘n loergaatjie ingekry het en ouma ons gemaak kwaai uit die huis gejaag het om onder die laning dennebome te gaan speel of om ‘n waatlemoen te gaan haal uit die land.  Gewoonlik is dit onder die bome gesny – die kinders het die skywe gekry en die grootmense die kroon.  As ek vandag dennegeur ruik, dink ek aan Kersfees op Plettenbergbaai met die bekende suising van die wind deur die denne laning . . .

 

2012 het besonder vinnig verbygevlieg en was ‘n bedrywige een met Markgoed en ‘n Kunsuitstalling, Mia se huis wat (dankie tog) klaar gebou is en ook Jana se Graad 11 eksamen agter die blad – ons wil ‘n rustige, vredevolle Kersfees hou met neutrale kleure en gesonde kos saam met ons familie

 

 

Wit duiwe  . . . . .  vrede

 

Duiwe simboliseer vrede   –   dit is my wens vir 2013 vir almal in Suid-Afrika

 

 .

Nie ‘n Kersfees takbok nie – ons eie Afrika bokkie

 

.

.

Tradisioneel die 1ste Desember haal ek die “nativity scenes” uit en sit hul orals in die huis om ons te herinner aan die geboorte van Jesus

 

.

.

 

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

Mag julle ‘n vredevolle en geseende Kerstyd beleef

 

 

Geseende Kersfees

Merry Christmas

 Joyeux Noel

Vrolijk Kerstfeest

Kala Christouyenna

Mo’adim Lesimkha Chena Tova

Feliz Navidad

Nadolig Llawen

 

 

.   .   .     GLORY TO GOD   .   .  .

 

This entry was posted in Markgoed. Bookmark the permalink.

One Response to Kersfees kom

  1. Mia says:

    Hierdie fotos maak my opgewonde oor Kerstyd en ook die feestelikheid wat wag.. dankie vir die mooi wense xx

Leave a Reply to Mia Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>