Driefontein – “best kept secret”
Ons het weer ‘n heerlike luilekker Sondagmiddag by Driefontein in die Overberg spandeer. Die rit soontoe met die hemelse berge, blou lug en koringlande doen iets vir my siel. Herman en Phillipus het gekook en die tafels was toe onder “comfort food” – my idee van ‘n behoorlike Sondagmaal – onpretensieus – kos waarmee ek as kind grootgeword het
Vir ‘n voor voorgereggie word warm vetkoekies met stroop bedien
So vanaf 12 uur se kant stroom die gaste in. Party kuier lekker met ‘n glasie wyn, ander loop in die tuin rond, speel met die honde en geniet die pragtige uitsig oor die koringlande
Hierdie groot lekkerte word eenmaal per maand gehou en dit is heelmiddag se kuier – niemand is haastig om huistoe te gaan nie. Dis amper soos die Franse kuier om ‘n etenstafel – kuier-kuier – eet-eet
Herman besig om die bakke kos in te dra. Sodra ‘n nuwe gang bedien word, stap ‘n kelner al om die huis en lui ‘n klok om die fees aan te kondig! Overbergse lamspastei, plaashoendergereg, varkboud, aspersie risotto, gebakte beet, salmviskoekies – ooohh te veel om te onthou!!
Net anderkant Caledon draai jy grondpadlangs na Driefontein
Die mooie plaashuis
Die tuin is heerlik onbeplan
Hondeliefhebbers sal dit baie geniet – daar is ‘n groot liefde vir hondekinders
Nagereg (as jy nog ‘n plekkie het!) is enigiets van gebak, gestoof, geklop, geklits, gejel en gepavlova! Heeeerlik!!
Mooi kuns en antieke meubels is duidelik belangrik vir die eienaars
Net voor huistoegaantyd – ‘n heerlike koppie koffie of espresso met kaas en beskuitjies
Heerlik!
aaahhh