Simondium Vintage
Ons het weer deelgeneem aan die jaarlikse Vintage Mark by Simondium – heerlik en interessant!! Alles en almal het saamgespeel, tot die weer het sy beste kan uitgehaal en gewys. Perfekte dae, sonskyn, wind- en reenloos en mense het langbeen en luilekker die son geniet en in die teetuin gekuier en geluister na die vrolike klanke van die “live band”.
Wilna het so-pas die pragtige sink-kapelletjie klaargebou en ons het dit behoorlik ingewy! Ek kan my net indink hoe heerlik ‘n mens hier troues kan hou – ‘n landelike gevoel!
‘n Paar foto’s van Markgoed se uitstalling – ons het ons gate uit geniet!