Wit is die water
en blind is die maan,
en bly is die paar
wat gearmd daar gaan.
Versilwerde bome
ruis in die laan
Wit is die water
En blond is die maan.
.
Wit is die water
en bleek is die maan
Wie is dit wat daar so
geruisloos gaan?
‘n Huiwering trek
deur die bome in die laan;
Wit is die water
en bleek is die maan.
ID DU PLESSIS
.
Vir my vriende is dit algemene kennis dat ek dolverlief is op die kleur WIT. Die boeke dink nie dat wit ‘n kleur is nie – vir my is dit erg beeldskoon.
Lig en skaduwee
Hierdie vrouefiguur verlig en hou wag oor my Ou Meesters afdrukke.
Beeldhouwerk deur Winnifred Louw
Portretstudie deur Iwan Labuschagne saam met my witgoed
Wit Peonies O wit peonies!!! Kan nie wag vir die mooie Oktober om vinnig te kom nie – hierdie spesiale blomme blom net vir sowat 4 weke – middel Oktober tot 2 weke in November
Lig . kristal . glas . refleksie . wit
Wit . Wit . Wit .
My pa het altyd iets opgetel of raakgesien en daarmee by die huis aangekom, tot my ma se groot verdriet. Ek dink ek het sy gene – het tak langs straat opgetel!
Skildery van Jana in W I T
Mia en Jana se refleksie in spieel – skildery deur Jeanne Hendriks
Hulle deel ook hul ma se liefde vir W I T – altwee se kamers is S P I E R W I T!
.
.
.
Simboliek van W I T
In Chinese en Indiese tradisie is wit die kleur van rou en dood
Wit is die tradisionele kleur van die bruidsrok in beide Westerse en Japannese troues
‘n Wit lint word deur bewegings gedra wat teen geweld teenoor vroue betoog.
Om “die wit veer te wys” is om lafhartigheid te toon.
‘n Wit vlag is ‘n internasionale teken van of ‘n oorgawe, of ‘n wapenstilstand.
V R E D E
. . . .
Ek waardeer elkeen van die informatiewe lees op sonettebarnardt.co.za. Ek het baie beslis sal die frase versprei oor jou webwerf met mense. Cheers.
Hallo, dit is baie interessant, dankie sonettebarnardt.co.za
Wat ‘n mooi boodskap. Ek is regtig baie lief lees van hierdie tipes of artikels. Ek kan nie wag om te sien wat ander te sê het.
You have noted very interesting points! ps nice web site.
Very interesting information!Perfect just what I was looking for!
This article has inspired me to continue focusing on my own blog