pajamas & jam

&

Vinkel en Koljander – die een is nes die ander!!!

Sandra en haar twee dogters,  Natasha en Melissa is ‘n talentvolle span en daar vloei baie kreatiewe bloed in  hul are!!  Ek het hulle “raakgesnuffel” op een van my vele soektogte na mooigoed en ougoed!  Hulle het ses maande gelede hulle koffiewinkel se deure oopgegooi en oooohhhh wat ‘n spesiale plek!!

Hier drink mens nie net koffie nie – jy kan die hele dag  jou sit en verkyk aan al die antieke versamelstukke, vondse soek, rondloop, broodjies eet, koop en weer koffie drink en vir oulaas ‘n stukkie koek eet …… tot die son water trek!

&

P A J  A M A S   &   J A M

32 van Zyl Street, Strand

&

&

&

Daar word elke dag vars soete verleidings gebak en ook ligte middagetes en slaaie word bedien.

&

&

&

&

Almal W E L K O M!!

&

&

Provensaals, Frans en “boeresjiek” – dit werk!!!

&

&

Spyskaarte

&

&

Hier is die mense nie bang om te waag nie!  Teksture en style word gekombineer  – fyn fluweel  en silwer teen ‘n sinkplaat muur . . .

&

&

&

&

&

Sandra se man en seun besit ‘n skrootmetaal-onderneming en hul bedryf hul koffie-en-antiekewinkel op dieselfde perseel in die Strand.  Dit is hier in hul winkel waar jy ysterdagbeddens, witgeverfde meubels, ou diefwering, mandjies, ou silwer en ag enigiets interessants, uniek, en mooi kan vind!!

&

&

&

&

&

&

&

&

&

&

Tonele in die reeks Vloeksteen, wat tans op Kyknet uitgesaai word, is in die winkel geskiet.

&

&

&

&

&

Sandra en  Natasha. 

Natasha se sussie Melissa is nou in matriek en die koffiewinkel behoort eintlik aan haar.  Hulle is ‘n baie spesiale familie wat lekker saamwerk – dit is heerlik om daar koffie te drink – hulle kuier, gesels en lag saam met jou – jy stap daar uit met ‘n lekker gevoel!! 

.          .          .

This entry was posted in Markgoed. Bookmark the permalink.

13 Responses to pajamas & jam

  1. Mia says:

    Kan nie wag om pajamas en jam toe te gaan nie, dankie vir die mooi fotos en info! x

  2. Marina says:

    Hoe beautiful! Ek kom sommer kuier!

  3. Jani says:

    ek wil ook soon toe gaan!!! dit lyk stunning daar :)

  4. Pingback: Homepage

  5. Homepage says:

    Hey I was just searching at your web site in Firefox and the image at the top with the link cant show up properly. Just thought I would let you know. 766472

  6. Beslis een van my favourite kuier plekke

  7. I’ve learn several excellent stuff here. Certainly worth bookmarking for revisiting. I surprise how so much attempt you set to make this type of great informative site.

  8. elani says:

    Dus stunning mense, met harte van goud……..hulle raak n mens se hart aan en dit sal nooit weer dieselfde wees nie.

    n goeie wegbreek plekkie om n ietsie te eet en te drink na n besige dag………….

  9. Ruth Fortuna says:

    Wow! In the end I got a web site from where I be capable of truly obtain helpful facts regarding my study and knowledge.

  10. Keep functioning ,remarkable job!

  11. d3 items says:

    I view something truly interesting about your website so I saved to my bookmarks .

  12. This writing has inspired me to continue writing on my own blog

  13. Web design says:

    I adored your rich site. topnotch contribution. I hope you release many. I will carry on subscribing

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>